Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gelykenis" deur LEON STRYDOM
"Gelykenis" deur LEON STRYDOM [boodskap #23830] Wo, 09 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
GELYKENIS
Leon Strydom

sononder die dorpie of gehug skoon sku in sig kom 'n stuk
of tien hom tegemoet met hul gebreke torsend in 'n wolk
van linnegoed uitgelate honde en muile wat hinnik-
end steier in die tuig van die distrik se eie werkvolk
met een voet in die graf die moederlose seun met 'n moordkuil
vir 'n hart die stommerik wat ander klanke
wil laat hoor en legio heel by sy verstand wat buig wat huil
en hulle werp hul op die stewel in die stiebeuel met mening en met mag
en smak met al wat brak is saam bedank god christus bedank
dat u wat in brokke en stukke is goed gaan maak vandag
Vorige onderwerp: "Waatlemoen" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Hulle moor met le^ers" deur HENRI LAURIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 18:02:56 MGT 2024